Boekkarakters kry lewe by Lydenburg Laerskool

’n Aanhaling van die skrywer Rachel Anders het die boekeweek mooi opgesom: “The journey of a lifetime starts with the turning of a page.”

Elke moontlike sprokieskarakter uit geliefde kinderboeke het op 8 September hul verskyning by Laerskool Lydenburg gemaak.

Disney-karakters, superhelde, kabouters, robotte, donkies, spoke en prinsessies het op die skool se terrein rondgedwaal. Gedurende die week het die planetarium van Tshwane die skool besoek en die leerders meer van die sterrestelsel geleer.Elke dag het die leerders ander aktiwiteite gehad wat hul liefde vir lees aangekweek het. Op 7 September het almal kleurvolle kouse aangehad.

Deur die week was die Reisende Boekwinkel ook in die skoolsaal, waar die leerders tussen nuwe boeke kon kies en keur. Die hoof, Cornelius Lemmer, het die leerders en onderwysers wat die boekeweek so spesiaal gemaak het, bedank.

Liamae Swart.
Carmien de Koker en Saskia Burger.
’n Groep leerkragte wat ook almal volgens ‘n boektema aangetrek het.
Nathan Venter en Raygard Mostert.
Agter: Onbekende spoke. Voor: Zak Coetzee, Bruce Brill en Ernst van der Merwe.
Nog ‘n groep leerkragte vol inspirasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version