Raak filosofies tydens die Innibos Boekenaweek

Het jy al jou kaartjies vir die Innibos Boekenaweek? Só lyk die program:

Die Filosofiekafee maak vir die eerste keer ‘n Laeveldse draai tydens die eerste Innibos Boekenaweek, wat van 1 tot 3 September op Kaapsehoop plaasvind.

Die Filosofiekafee, wat sy ontstaan in Pretoria se bekende Café Riche op die Kerkplein onder die leiding van Lamé Ebersöhn gehad het, vier dan ook sy 25ste bestaansjaar as ‘n geleentheid waartydens ‘n gasvrye omgewing geskep word waar aktuele sake onbevange bespreek word.

LEES OOK: Moenie die eerste Innibos Boekenaweek op Kaapsehoop misloop nie

Dit skop Vrydagaand, 1 September, om 19:00 by Oppitoneel@Nagkantoor af en kos R190, wat ‘n ete insluit. Die tema is ‘Die kunstenaar en die skrywer se verhouding met die gode’, en die spreker is Charl-Pierre Naudé, die bekende digter, skrywer, resensent en filosoof.

Van sy gedigte is onder meer in Duits, Nederlands, Frans en Noors vertaal.

Bespreek by oopgesprek@filosofiekafee.co.za of 082 895 1139. R190 per persoon. Sluit aandete en sjerrie/sap in.

Betalings (met die datum en die verwysing W01/09 en jou naam) by https://pay.yoco.com/filosofiekafee.

• Vind die volledige program vir die Innibos Boekenaweek hier. Die boekgesprekke is R50 per boekgesprek. Gert Vlok Nel se vertoning Saterdagaand kos R150. Kaartjies is by Quicket (skakel op die innibos-webwerf) te koop.
Verblyf is beskikbaar by ‘n verskeidenheid gastehuise en selfsorgplekke op Kaapsehoop.
Vir meer inligting oor die Innibos Boekenaweek, kontak Annemarie van der Walt by 083 289 3823.

Exit mobile version