NET Afrikaans: Wys ons jou musiektalent!

NET Afrikaans ondersteun nie net ons hoofstroommusieksterre nie, maar ook ons opkomende sangers wat môre se supersterre kan wees.

Indien jy as sanger reeds musiekvideo’s en musiek vrygestel het, is jy welkom om jouself op die NET Afrikaans-netwerk ten toon te stel, wat al die nodige skakels (na YouTube, jou webtuiste en orals waar jou musiek te koop aangebied word) insluit.

Die uitlegkostes kos jou slegs ’n eenmalige betaling van R500 vir jou eie persoonlike blad op die netwerk. Besoek gerus die NET Afrikaans Kunstenaars -afdeling by www.net-afrikaans.com/kunstenaars.

NET Afrikaans smee bande met Angel Music Studio Productions, wat meer as 20 jaar ondervinding in die musiek- en uitsaaiwêreld het om vir opkomende sangers ’n geleentheid te bied om hul drome uit te leef. Besoek gerus Angel Music Studio Productions se webtuiste by www.angelmsp.com.

Indien jy belangstel om ook jou eie musiekvideo te laat verfilm, skakel gerus vir Phillip by 083 513 0505 vir ons musiekvideopromosie. Vir ’n beperkte tyd sal jy slegs R5 000 betaal vir ’n topgehaltemusiekvideo. Die uitsaai en blootstelling op die NET Afrikaans-netwerk word gewaarborg.

Exit mobile version