Skuts wys hul staal met pyl en boog in Lydenburg

Hoërskool Lydenburg was op 5 Augustus die gasheer vir die Mpumalanga Boogskietkampioenskappe.

Dié skool se span is as die span van die jaar aangewys en die bestuurder, Bianca Knox, is as die Mpumalanga-hoërskoolafrigter aangewys. Die kampioenskappe vind onder die vaandel van die African Genesis Archery (AgA) plaas. Die Adult Archery Generation (AaG) is die afdeling waarin skuts ouer as 20 deelneem.

Lobke Riley het ‘n plek in die AgA verwerf en is as die provinsiale kampioen aangewys.
Knox en Riley is verkies om as deel van die AgA aan die interprovinsiale boogskietkampioenskappe deel te neem. Dit vind in Oktober in Gauteng plaas.

Lees ook: Kwena Dam near Lydenburg dips below 100%

Mieke Grobler.

Hanko Louw is deel van die hoërskolespan en Dian Louw is ook tot die AgA-span verkies.
Kyle Riley van Laerskool Lydenburg is tot die provinsiale laerskolespan verkies.

Die volgende leerders gaan aan die nasionale kampioenskappe deelneem:
Jwé du Toit, Brendan Hattingh, Shaun Oberem, Andries Byleveldt, Ettienne Grobler, Jaco Deysel, Johan Greeff, Tyron Bolton, Damian Grobler, Johann van der Walt, Zayne van der Linde, Tiaan van der Berg, Mieke Grobler, Megan Marx, Jolene Prinsloo, Miané Hanekom, Lee-Ann van der Walt, Annicka Naudé, Bianca Theunissen, Deidre Viljoen en Chantel Mgangezwe.

Die deelnemende skole en klubs was Laerskool Krielpark, Hoërskool Hoogenhout, Secunda Archery Club, Laerskool Lydenburg, Laerskool Trichardt, Thaba Nchu Archery Club, Kosmos Boogskietklub, Hoërskool Patriot, Hoërskool Hertzog en Komati Archery Club.

Kyle Riley, Hercules Maritz en Paul Grobler van Laerskool Lydenburg.
Dian Louw.
Tiaan van der Berg.
Kyle Riley.

 

Exit mobile version