Hou solank dié datum oop!

Jy wil verseker nie die Pumas se sakeontbyt later vanjaar misloop nie.

Die hoofbreier van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, en die hoof- uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, het ’n paar opwindende dinge in die pyplyn om jou aan dié span en sy waarde vir die Laeveld en groter provinsie bekend te stel.

Die eerste hiervan word vir 27 Oktober om 08:00 by die Emnotweni Arena beplan.

Sakemanne, -vroue en ondersteuners van dié gewilde span word hartlik uitgenooi om die geleentheid te ondersteun. “Almal gaan lekker saam kuier en die dag geniet,” kom dit van Stonehouse. Hy het ook aan Laevelder laat glip dat daar dalk ’n paar eregaste kan wees, maar dit sal nog bekend gemaak word.

Die eerste van die gaste wat wel al bevestig het om ’n draai in die Laeveld te maak, is niemand anders as die oud-Springbok-binnesenter, die man met die lang skopskoen, Frans Steyn, nie. Steyn het nie net sy land in drie wêreldbekertoernooie (2007, 2011 en 2019) verteenwoordig nie, hy is die jongste speler in die geskiedenis wat die Bokke gehelp het om die gesogte Web Ellis-trofee omhoog te hou.

LEES OOK: Barberton strikes gold against Witbank Rugby Club

Steyn het ook ’n boekversameling vol kennis oor die spel en sport oor die algemeen.

Meer inligting rondom hierdie lekker sakeontbyt sal nog bekend gemaak word. Vir nou, trek solank jou rugbymemorabelia nader en sit jou sakehoed op, want dié beloof om een geleentheid te wees wat jy nié wil misloop nie.

Exit mobile version