Local newsNews

Elke stofwolk en modderspatsel die moeite werd by Wildevy 4×4 buite Burgersfort

Sowat 3 500 besoekers het op 29 Julie die Wildevy 4x4 Gesinsdag geniet.

Dit was die Wildevy se 20ste jaar, en 72 deelnemers het vir seker ‘n paar dae later nog modder van hul voertuie afgewas.

Die doel van die Wildevy 4×4 Gesinsdag was om fondse in te samel vir organisasies sonder winsoogmerk in die Steelpoort-, Burgersfort- en Lydenburg-omgewings.

Die algehele wenners van die dag was Morné en Monique Ungerer. Die laaste 4×4-item van die dag word die showstopper genoem. Net die braafstes onder die brawes word goedgekeur om hul weg deur ‘n spesifieke moddergat te baan. Die showstopper se wenners was Arrie Heyl en Liandri Pretorius.

Die 4×4 ‘swem’ deur die modder.

Steelburger/Lydenburg Nuus het ’n bemarkingstalletjie gehad en in die pret gedeel.
Die mense het geleentheid gehad om te raai hoeveel lekkergoed in ’n houertjie was. Die persoon wat reg geraai het, kon een van twee biltong-en-boereworsgeskenkpakke as pryse wen. Die tweede prys was lekkergoed. Die inskrywingsfooi was R20 en die opbrengste sal aan ’n liefdadigheidsorganisasie geskenk word.

Veels geluk aan die wenners: Joshua Hartslief, Alex Delport, Jannas Helm, Cé-Jé Burrows en Shelbé Pieterse.

Lees ook: Die Pumas is méér as net ’n rugbyspan
Charnie Kruger, Corné Burrows, Gilbert Motseo en Michelle Boshoff, die span wat Saterdag Steelburger/Lydenburg Nuus verteenwoordig het.
Chanrie Kruger (Steelburger/Lydenburg Nuus) en Jannas Helm (eersteplek-lootjiewenner).
Gilbert Motseo (Steelburger/Lydenburg Nuus) en Cé-Jé Burrows (tweedeplek-lootjiewenner).
Chanrie (Steelburger/Lydenburg Nuus), Alex Delport (lootjiewenner) en Corné Burrows (Steelburger/Lydenburg Nuus).
Chanrie Kruger, Joshua Hartslief (lootjiewenner) en Corné Burrows.

Foto’s: Gilbert Motseo en Michelle Boshoff

Back to top button