Die Pumas is méér as net ’n rugbyspan

Jimmy Stonehouse het verlede week op sosiale media ’n beroep op weldoeners gedoen om in die aanloop tot die 2024-Curriebekerseisoen by die span betrokke te raak.

Hulle het teen alle verwagtinge in die Curriebeker verower.

Breëbors het hulle verlede jaar met die beker terug Laeveld toe gekeer, en min kan sê dat hulle nie dié gesogte trofee al onder oë gehad het nie.

Vanjaar moes hulle die beker aan die Toyota Cheetahs afstaan, en het ewe trots uit die stryd getree. “Hierdie suksesse kom egter teen ’n prys.”

LEES OOK: Penreach and partners join hands and hearts to celebrate Mandela Day

Só vertel die hoofbreier van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, nadat hy verlede week op sosiale media ’n beroep op weldoeners gedoen het wat in die aanloop tot die 2024-Curriebekerseisoen, by die span betrokke wil raak.

“Ons het dit nodig om finansieël standvastig te wees,” het Stonehouse aan Laevelder gesê. “Ongelukkig kan die Pumas nie bestaan sonder geld nie.”

Die Pumas is soveel méér as net ’n rugbyspan watmeeding om ’n beker omhoog te kan lig. Nes Innibos en die Nasionale Krugerwildtuin eie aan die provinsie is, so is die span ook. En nés dit verleen hulle ook ’n finansiële inspuiting aan die gemeenskap.

Die Pumas Rugbyunie ondersteun tans 55 gesinne, waarvan dié hul kinders in skole inskryf, motors by handelaars koop, huise huur, supermarkte ondersteun en nog talle ander uitgawes aangaan. Die unie se bydrae tot die gemeenskap is nie alleenlik in die vorm van vermaak op ’n Saterdagaand nie, maar ook ’n finansiële bydrae tot die sake gemeenskap van Mbombela.

LEES OOK: Resounding double victory for Curro on the rugby field

“Mense weet nie wat die uitgawes is nie. Ons het 45 spelers, waarvan minstens die helfte van hulle strapping benodig,” kom dit van Stonehouse. Hy vertel dat die unie soveel drome en aspirasies het, maar vanweë hul grootte finansies maar beperk is.

“Ons glo die Pumas kan ’n internasionaal erkende handelsmerk word, maar ons kan dit net doen as die Laeveldse sakeondernemings hierby inkoop,” vertel Stonehouse.

Daar is ’n Pumas-sakeontbyt vir 27 Oktober by Emnotweni beplan, waarheen beide plaaslike en provinsiale ondernemings genooi word om die rugbyunie van nader te leer ken. Die name van die gassprekers en ander inligting sal nog bekend gemaak word.

Exit mobile version