Local newsNews

Uitstalling in Lydenburg verskaf inligting oor heuningbye en die natuur se nektar

Bye is baie meer as die geel fladderende insekte wat vinnig heen en weer zoem en jou dalk met 'n angel bydam.

Heuningbye word wêreldwyd as die belangrikste insek wat plante bestuif, beskou.
Saterdag 24 Junie het ‘n groep byeliefhebbers ‘n leersame oggend by Longtom SUPERSPAR aangebied.

Diegene wat stilgestaan het om na die uitstallings te kyk, het meer geleer oor die gehalte van heuning en selfs die korwe waarin hierdie piepklein insekte heuning vervaardig.

Hantie van Wijk, ‘n amateurbyeboer, is baie passievol oor die voortbestaan van bye en om byvriendelike tuine aan te plant.

Lees ook: Reaching the highest peak in Africa for Wenakker in Lydenburg

Leane Luies, die mede-eienaar van Longtom SUPERSPAR, het drie kassiere byevlerkies laat aantrek, tot groot vermaak van almal.

Frans Labuschagne, ‘n byeboer van Ohrigstad, het in 2021, 2022 en 2023 by die Royal Agricultural Society of Natal in Pietermaritzburg verskeie pryse vir sy heuning verwerf. Sy Burgersfort Honey is landswyd in winkels beskikbaar.

Duberette en Frans Labuschagne.

Gerra Camacho, ‘n roofdierkenner en Gerrie Camacho se seun, bou korwe as ‘n stokperdjie, ofte wel houtkaste, met ‘n unieke ontwerp, wat baie byeboere by hom koop. Sy bedryf, Boldly Africa Honey, is maar een van sy passies. Dit sluit ook die verwydering van bye in en om hulle te plaas waar hulle nie die mensdom pla nie.

“Ek ondersteun my pa in die voortbestaan van die natuur, en die byebewaring is ook deel daarvan. Die heuningbedryf is ongelooflik interessant, en Frans Labuschagne sal ek as my mentor beskryf. Ek het al so baie by hom van bye en heuning geleer,” het Gerra gesê.

Sandra Louw en Sifiso Dlamini het vir die dag vanaf Mbombela op Lydenburg kom kuier. Hulle het Inge Austin van The Beeger Picture verteenwoordig, van die toerusting wat deur byeboere gebruik word, uitgestal, en het selfs kerse van byewas gemaak om te verkoop.

Gerra Camacho.
Sandra Louw en Sifiso Dlamini.
Kerse van byewas gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button