Local newsNews

Skokdood van geliefde verhuringsagent in Lydenburg

Tasha Greeff was bekend vir haar liefdadigheidswerk en as 'n omgeemens in die gemeenskap.

Die sprankelende Tascha Greeff (43) se onverwagse dood op Woensdag, 10 Mei, is steeds ’n onwerklikheid vir haar familie en talle vriende in Lydenburg.

Greeff was vir agt jaar kantoorbestuurder en verhuringsagent by Pam Golding se Lydenburg-tak en ook nou by die skole en liefdadigheidsprojekte in die gemeenskap betrokke.

Sy is vermoedelik aan nierversaking oorlede, nadat die dokters in Pretoria verbete om haar lewe geveg het.

Greeff laat haar man, Andreas, en hul twee hoërskoolseuns, Johan en Francois, agter.

Haar begrafnisdiens is Vrydag, 19 Mei om 11:00 vanuit die NG Lydenburg Suid-gemeente op die hoek van Berg- en Goudstraat.

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

Back to top button