Nellies ingesluit in provinsiale Pumas-spanne

Twaalf kranige rugbyspelers van Laerskool Nelspruit is in die Mpumalanga o. 12- en o. 13-rugbyspanne ingesluit.

Met die nuwe kwartaal wat vir skole aangebreek het, beteken dit dat die tafel gedek is vir wintersport.

Nuwe geleenthede wink ook vir die jong sportsterre.

LEES OOK: Nellies-wintersport belaai met aksie

Die volgende leerders het die oog van die Mpumalanga Laerskolerugbyvereniging se provinsiale keurders gevang, en dié jong manne sal vanaf Meimaand in Pumas-kleure te sien wees:

Jacques Winterbach, Jamie Doncaster, Wiaan Grober, Naudé Breytenbach, Albert le Roux, James Williams en Hanru van der Merwe is in Mpumalanga se o. 13-rugbyspanne ingesluit, terwyl Dandré Louw, Heinke Coleman, Malan de Klerk, Tiano Laufs en Caiden Heunis vir die o. 12-spanne gekies is.

Dandré Louw, Heinke Coleman, Malan de Klerk, Tiano Laufs en Caiden Heunis.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version