Local newsNews

Wildevy Bergfietsren naby Burgersfort is om die draai

Inskrywings is reeds oop vir gewilde Wildevy Bergfietsren.

As deel van die groot Wildevy 4×4 Gesinsdag op Saterdag 29 Julie, is daar terselfdertyd ’n Wildevy Bergfietsren by Laerskool Watervalsrivier.

Hierdie gesinsdag vind buite Burgersfort in die Watervalsriviervallei (R37) plaas. Hierdie bergfietsroete is een van die gewildstes in die omgewing en fietsryentoesiaste kom jaarliks van heinde en ver om dit by te woon.

Die roete is hoogs uitdagend, maar daar is genoeg waterpunte om die fietsryers se dors die hele pad te les. Die inskrywingsfooie beloop R50 vir die 2,5 km, R100 vir die 10 km, R200 vir die 26 km, R250 vir die 50 km vir R250 om die kampeerterrein te verbeter en ablusieblokke te bou. Fietsryers kan gratis kampeer en by die fietsry by die Wildevy se 4×4-dag aansluit, 2 km verder. Vir meer inligting, volg die Facebook-groep, Wildevy MTB Club, stuur ’n e-pos na melany@electrodiesel.co.za, of skakel haar by 073 157 1579.

Lees ook: Só lyk Mpumalanga se finaliste vir dorp van die jaar

Back to top button