Koop nou al jou kaartjies vir Innibos!

Só lyk die lys van kunstenaars vir vanjaar se Innibos. Kaartjies is beskikbaar op Computicket.

Innibos bied vanjaar ‘n wye verskeidenheid kunstenaars op die hoofverhoog, kuierverhoë, die splinternuwe Wingerd Kuiertuin, die Boma Kuierteater, Woelwaters vir die kleinspan, pragtige kunsmarkstalletjies en vele meer.

Dít word alles by jou hektoegang ingesluit!

Die datums vir vanjaar se fees is 29 Junie tot 2 Julie en die pryse is die volgende:

• Donderdag, 29 Junie: Huisgenoot Afskopkonsert – algemene hektoegang: R200. Kunstenaars sluit in Bok van Blerk, Appel, Elandré, Riana Nel, Sunset Sweatshop, Francois van Coke en Kurt Darren.

• Vrydag, 30 Junie: JacarandaFM-konsert – algemene hektoegang: R225, goue sirkel (gereserveerde sitplek): R200.
Kunstenaars sluit in Robbie Wessels, Emo Adams, Droomsindroom, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld en Spoegwolf.

LEES OOK: Drama-drama by vanjaar se Innibos

• Saterdag, 1 Julie: kykNET-konsert – algemene hektoegang: R250, goue sirkel: R250.Kunstenaars sluit in Die Heuwels Fantasties, Refentse, Riaan Benadé, Ricus Nel, Ruhan du Toit, Demi Lee Moore, Elvis Blue, Bernice West, Early B, Corlea Botha, Samantha Leonard, Swing City, Dodo Nyoka en Jo Black.

‘n Weekkaartjie teen R600 sluit al die aandkonserte in – én jy spaar R75.

Die feesterrein sal elke dag om 10:00 oopmaak en die aandkonserte begin almal om 18:00.

Die Innibos-feesprogram sluit ook ‘n propvol toneel- en musiekprogram in, wat by venues buite die feesterrein plaasvind.

Vir enige programbesonderhede, besoek www.innibos.co.za. Kaartjies is op Computicket beskikbaar.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version