Nuwe hommeltuig vir Ehlanzeni Polisieduikeenheid

Te midde van die vloede wat die Laeveld tans teister, was die hommeltuig 'n welkome skenking vir die duikeenheid se span.

As deel van die geld wat deur die Sabie Tube Race 2023 ingesamel is, het die Round Table White River 64 ‘n hommeltuig aan die Ehlanzeni Polisieduikeenheid geskenk.

Kapt. Pottie Potgieter van die eenheid sê hy en sy span is opreg dankbaar daaroor, aangesien dit hul werk op baie maniere sal vergemaklik. Hy sê egter hierdie tuig is nie nét om die eenheid te help nie, maar ook die publiek wat hulle dien. Met behulp van hierdie oë in die lug, kan hulle vinniger en meer akkuraat ‘n gebied assesseer en invaar indien nodig.

LEES OOK: Man dankbaar hy oorleef fietsongeluk op N4

Die eenheid kry dikwels met seekoeie, stroomversnellings, moeilik bekombare gebiede en soveel meer te doen. Die hommeltuig maak hierdie dinge makliker navigeerbaar en gee Potgieter dan die kans om sy span volledig te laat verstaan waarvoor hulle hulself inlaat.

‘n Gebied wat die span dalk drie en ‘n half ure vat om te verken, vlieg die tuig in 15 minute.

Walter Serfontein, die hooforganiseerder van die Sabie Tube Race, het Herotel, een van hul borge, vir die bydrae om hierdie skenking moontlik te maak, bedank.

Exit mobile version