Local newsNews

Boeke uit pen van skrywer, perfekte geskenk

Dassie Viviers, wat onder die skuilnaam Magdeleen Viviers skryf, is reeds in 2005 as Lapa Uitgewers se beste liefdesverhaalskrywer aangewys.

Sy het tans drie boeke beskikbaar wat die ideale Kersgeskenke sal wees.
Boonop speel Erfgenaam vir Skuilkrans op ‘n plaas buite Lydenburg af. Lesers kan hierdie boek, asook Eiland van die gode en Roep van die arend as ‘n spesiale aanbod vir R400 koop. ‘n Enkele kopie se prys is slegs R140.

Viviers sien skryf nie as ‘n werk nie, maar as ‘n passie. Sy het eers in haar aftreejare begin skryf, en vir haar vloei die woorde maklik.

“Ek is ‘n romantikus, en voel weer jonk as ek die boeke skryf,” sê Viviers. Deel van haar inspirasie is die pragtige natuurskoon waaroor sy uitkyk wanneer sy voor die rekenaar sit. Dis veral die berge rondom die Ohrigstad Dam, waar sy en haar man, Pieter, bly, wat haar inspireer.
Kontak haar by 064 550 5470 (WhatsApp) of stuur ‘n e-pos na pieterviv799@gmail.com.

Back to top button