Landsdiens hou skaduskof vir provinsiale oorlewingskamp

Die Landsdiens-leerders wat onlangs gekies is om na 'n oorlewingskamp te gaan, het op Woensdag 4 Mei vir hul fondsinsameling 'n skaduskof by Spur gedoen.

Hierdie Survivor-leerders het die geleentheid aangegryp en van die klante bedien.  Die doel van die kelnerskof was om geld in te samel vir die 17 leerders wat gekies is om Numbi by die provinsiale kamp tydens die Junievakansie by Blyderivier Adventures te verteenwoordig.

Luvuyo Mhaule.

LEES OOK: Bydraes vir kermis word waardeer

“Dit was ‘n opwindende aand vir die kinders. Hulle het dit baie geniet om hul vriende, familie en ander klante te bedien,” het Nokka Fereirra van Laerskool Numbi gesê.  Die kamp gaan aan 350 gr. 6- en 7-leerders van Mpumalanga die geleentheid bied om vir provinsiale kleure gekies te word en om vir Mpumalanga by die nasionale kamp in Desember in die Wes-Kaap te verteenwoordig.

Nea Ferreira en Cherish Sekatane.

Die Survivor-kandidate was by die Landsdiensklubkamp op 11 tot 13 Maart by Ons Plek gekies, tesame met leerders van Hoërskool Rob Ferreira. Volgens Ferreira sal Renier Louwrens, ‘n oud-Landsdiener van Secunda, wat verlede jaar aan Survivor SA deelgeneem het, ook saam by Sunlight Falls op die Sappi-plantasie op die Graskop-pad gaan kamp. “Ons sien uit vir die uitdaging wat vir ons leerders voorlê. Ons vertrou hulle sal uithou deur die moeilike en elke oomblik geniet,” het Ferreira gesê.

LEES OOK: Afriforum Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op

Genevieve Bubb.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version