Local newsNewsNews

Kuns- en handvlytklasse bied uitsonderlike afleiding in die bos

Ina Stevens se kuns- en handvlytklasse geniet groot aftrek en bied afleiding aan baie vroue wat hul kunssinnigheid wil uitleef.

Ina Stevens en haar man James het sowat twee jaar gelede uit die stad aangekom en hulle permanent hier kom vestig.  James werk oorsee. As kunssinnige en om haar tyd sinvol te verwyl, het sy sowat ‘n jaar of meer gelede die moontlikheid van sulke skeppende byeenkomste onder die titel Art @ La Pumba op die Marloth Park Facebook-blad geadverteer.

Vlytige hande.

Haar eerste klas was 16 vroue en die volgende een 24. “Dit was vir my ‘n verrassing, want ek het twee weke vantevore ‘n knievervangingsoperasie gehad, maar met al die belangstelling het ek besef ek moet deurdruk.”

LEES OOK: Bydraes vir kermis word waardeer

Klasse word tweeweekliks aangebied. By elke klas word daar met ‘n ander medium gewerk. Dit is nie nodig om kunsopleiding of kennis te hê nie. Die aanvanklike doel van die byeenkomste was om vriende te maak. Elke vrou kry ‘n beurt om iets te ete te bring en daar word heerlik saamgekuier.

Ina Stevens met haar juweelkissie.

Dit kos R60 per klas wat dan die kunsmateriaal vir die dag se werkstuk asook iets om te drink en te ete insluit.  Indien jy sou belangstel, kontak Ina gerus by 082 782 8430, of volg haar op Facebook – Art @ La Pumba.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button