Local newsNewsNews

Man doodgery op die Plaston-pad

Hy was 'n karwag by White River Crossing en sy dogter se held. Ná 'n noodlottige ongeluk op die Plaston-pad sal sy nooit weer een van sy grappies hoor nie.

Sy dogter sal hom onthou as haar held en beste vriend. Na ‘n ongeluk op die Plaston-pad, moes sy hom vir ewig groet.  ‘n Saak van strafbare manslag word nou ná die dood van dié 58-jarige man, Arnold Meiburg, op 27 Mei, ondersoek. Brig. Selvy Mohlala, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, sê Meiburg is na bewering daardie dag deur ‘n grys Toyota Starlet raakgery.

LEES OOK: Laeveld 4×4 Klub skenk aan Nelspruit DBV

“Die bestuurder beweer die man was in die pad; sy het hom probeer vermy, maar kon nie.” Hy is op die toneel dood verklaar.  Meiburg se dogter, Andrea van den Bergh, sê haar pa was ‘n welbekende op Witrivier; hy was ‘n karwag by White River Crossing.

Arnold Meiburg.

“My pa was my held en beste vriend. Hy het my geleer dat ek tot alles in staat is; hy het my geleer wat onvoorwaardelike liefde werklik is. Hy het altyd dit wat hy gehad het, met ander mense gedeel of gebruik om ander te help.  “Daar was altyd tyd vir ‘n ou grappie, al het jy hom al gehoor.” Sy sê die woorde: “Het jy dié een al gehoor?” sal haar altyd bybly.

LEES OOK: Nuwe reeks geselsaande neem plaas op Witrivier

Sy onthou nog een van die laaste grappies wat hy haar vertel het toe sy hom by die werk gaan oplaai het: “Wat kry ‘n mens ná twee dae se reën in die Laeveld? Maandag!”  Vrydagaande kon jy hom by die rugbyklub kry waar hy potspel “moes” gaan speel, want anders gaan hy begin sleg speel – sy eie woorde.

“Al kon jy nie pool speel nie, moes jy saam met hom speel. Dan, as hy jou gewen het, het die woorde ‘Next, please!’ gevolg.”  Andrea sê hy was ‘n kranige WP-ondersteuner as dit by rugby gekom het. Hulle was altyd “loshande voor”, al was dit net met ‘n punt, en laat jou span nou net verloor, dan bel hy jou en sê hoe sleg hulle gespeel het.

Meiburg laat sy twee dogters, Andrea en Monique, en hul mans agter.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button