Vier Komatipoorters woon SA Tweekamp by byTweekampbyeenkoms in Gqeberha

Die 45ste SA Nasionale Tweekampkampioenskap is op 2 April in Gqeberha gehou. Vier atlete van Komatipoort het deelgeneem.

Komatipoort Akademie se vier atlete, Christn Engelbrecht, Kobus Lourens, Handré van der Merwe en Corné Botha, het Mpumalanga teen 866 ander atlete vanoor die land verteenwoordig.

Ná twee jaar se gedwonge pouse in sport weens die pandemie, het die hoeveelheid deelnemers die rekord gebreek. Talle skoolspanne het vir die langverwagte dag ingeskryf.

Christn Engelbrecht.

Die naellope was by die Westbourne Ovaal en die swem in die Newton Park Swemkompleks gehou. Agt-en-twintig Mpumalanga-atlete het aan hierdie twee items deelgeneem. Hulle het vanjaar die junior victrix ludorum verwerf.

LEES OOK: Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Alhoewel Corné vir provinsiale deelname gekwalifiseer het, het hy aanvanklik onafhanklik en net aan die naellope deelgeneem, en goed daarin presteer.

Kobus Lourens.

“Dit was ‘n opwindende en uitdagende geleentheid waaraan ons met graagte wou deelneem. Ek en die ander Komatipoorters is dankbaar vir die kans wat ons gekry het om ons passies ten volle uit te kon leef,” het Kobus gesê.

Handré van der Merwe.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Exit mobile version