Oud-Lydenburger teken nuwe rekord aan en word as pampoenkoning gekroon

Willem le Grange het die suidelike halfrond se grootste pampoen gekweek. Dit weeg 'n allemintige 904,5 kg. Die reusepampoenfees op Heidelberg in die Wes-Kaap het vanaf 25 tot 26 Maart plaasgevind.

Willem le Grange het tydens die fees erken dat hy met sy pampoene praat, en hy is vas oortuig dat dit die rede is hoekom hulle so ‘n reusesukses is. Dit is ook vir hom belangrik om soveel moontlik tyd saam met sy pampoene te spandeer.

Lees ook:  Recce-storieaand bring baie weermagnostalgie

Dié “praatwerk” het vir hom die tweede jaar in ‘n ry die feeswenner gemaak. In 2021 het sy wenpampoen 867,5 kg geweeg.

“Dit is nou sowat die agtste jaar wat ons die reusepampoenfees in Heidelberg aanbied. Dit het as ‘n pampoenfees begin wat slegs twee stalletjies gehad het. Die wins van die fees word aan die ouetehuis en ook die gemeenskap geskenk. Dit is vir ons ‘n heerlike manier om Heidelberg te bemark en toeriste na die gebied te lok,” het Jo Ann Kretzen, een van die feesorganiseerders, gesê.

‘n Belangrike stap in die groei van stewige groente is om seker te maak die pampoen warm genoeg is om al die voedingstowwe te kry. Dit sal dus waarskynlik slim wees om in ‘n groot kombers te belê. Le Grange het dit uit ‘n saadkombinasie van 790 kg Lamprecht- en 636 kg Le Grange- (2095 Brandt x 2528 Geddes) pampoenpitte gekweek.

Ané, Corli en Zante Strydom.
Casper le Grange by die groot pampoen.
Die pampoene kom op sleepwaens by die pampoenfees aan. Foto’s Facebook.
Willem le Grange staan op die groot pampoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version