Herrie los oor TikTok-gebruiker se uitlatings

Die man, wat op sy sosiale-mediablaaie na homself as 'n motiveringspreker, entrepreneur, akoestiese kitaarspeler, sanger en openbare figuur verwys, is deur tientalle TikTok-gebruikers oor sy uitlatings gekritiseer.

‘n Nege-en-twintigjarige man van die stad, wat na homself as ‘n “gesiene sakeman” verwys, het die toorn van sosiale media gebruikers op die hals gehaal nadat hy glo suggestiewe uitlatings op TikTok gemaak het.

Die man, wat op sy sosiale-mediablaaie na homself as ‘n motiveringspreker, entrepreneur, akoestiese kitaarspeler, sanger en openbare figuur verwys, is deur tientalle TikTok-gebruikers oor sy uitlatings gekritiseer.

Op sy TikTok-bladsy is hy ook lief daarvoor om liedjies en aanhalings met mimiekmanewales uit te beeld.

LEES OOK: ‘n Fees van trofees vir Laerskool Nelspruit

In ‘n lewendige uitsending op sy blad op TikTok ‘n paar weke gelede, het hy suggestiewe uitlatings oor driejarige dogtertjies gemaak. Die inhoud van sy plasing is so skokkend dat Laevelder dit nie kan herhaal nie.

“Ek sal haar R2 ook gee. Ek sal dit tussen haar tande sit,” het hy gesê.

Verskeie TikTok-gebruikers het woedend op die plasing gereageer. Een van hulle, skynbaar ‘n polisie-man, het in reaksie gesê: “Ons moet van die vark ontslae raak”, “Hy hoort nie ons samelewing nie” en “Ons SAPS sal die ding nie los nie. Hy is nou ons prioriteit nommer een”.

Nog ‘n gebruiker beweer daar is reeds kort na die voorval ‘n klag deur ‘n ander polisieman by die polisie aanhangig gemaak. “Hy gaan die polisie in Nelspruit skakel om te hoor of ‘n klag ook by hulle ingedien is.”

LEES OOK: Steve Hofmeyr sing dorpie aan die brand

‘n Ander gebruiker het hom in kru taal geswets en hom as “swak geteel” beskryf. “Jy is ‘n siek mens. Jy het hulp nodig. Hierdie is nie ‘n doodsdreigement nie, maar Nelspruit gaan baie, baie vinnig té klein raak vir jou.”

Die man het later op TikTok gereageer oor die storm wat rondom sy kop losgebars het.

“Hierdie is my public apology vir wat ek gesê het. Ek is bitterlik jammer. Ek is jammer ons het dit almal verkeerd opgevat en verkeerd verstaan. Vergewe my tog asseblief. Dankie.”

“Dit is woorde uit jou eie mond. Jy is nie die victim hier nie. ‘n Narsissis, miskien,” het nog ‘n gebruiker gesê.

Hy het by navraag van Laevelder vir kommentaar gesê hy sal ‘n afspraak maak om saam met sy prokureur vrae te beantwoord.

LEES OOK: Mjejane begin ryke geskiedenis uitbeeld

Hy het geweier om ‘n telefoniese onderhoud te voer. “Ek is ‘n suksesvolle sakeman. Ek het al tevore dit deur my prokureur gedoen. Hierdie is nie ‘n uitsonderlike geval nie.”

Hy het ook nie op skriftelike vrae van Laevelder gereageer nie.  Die Nelspruit-polisie het bevestig dat geen klag by hulle ingedien is nie.

‘n Voormalige lid van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, sê die grootste probleem met ‘n geval soos syne is dat daar nog nie ‘n misdryf gepleeg is nie en dus is daar nie noodwendig ‘n spesifieke klag om te ondersoek nie.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version