Twee koeëlpunte laat inwoners kopkrap

Die voorvalle het tydens die Suid- Afrikaanse Nasionale Weermag se jaarlikse Weermagdag-parade plaasgevind. Minstens twee koeëlpunte het inwoners van die stad rakelings gemis.

‘n Raaiselagtige voorval op Maandag, toe minstens twee inwoners van die stad rakelings deur dwaalkoeëls gemis is, het almal aan die raai.

Die voorvalle het tydens die Suid- Afrikaanse Nasionale Weermag se jaarlikse Weermagdag-parade plaasgevind. Minstens twee koeëlpunte het inwoners van die stad rakelings gemis.

Waar die koeëlpunte vandaan kom, wie dit afgevuur het en hoekom, is die onbeantwoorde vrae.

Jan Grobler vertel dat sy vrou, Bianca, op ‘n stadium buite haar kantoor in die Central Park-sakekompleks naby die munisipaliteit se verkeersdepartement gestaan en rook het.

“Sy het vir ‘n oomblik teruggegaan in haar kantoor in. Toe sy weer buite kom, het sy ‘n verwronge koeëlpunt sien lê, presies op die plek waar sy sekondes vroeër gestaan het.”  Grobler sê as sy vrou daar bly staan het, was die kans goed dat sy getref sou gewees het.

LEES OOK: Mjejane begin ryke geskiedenis uitbeeld

“Ons het aanvanklik vermoed die voorval het iets te doen het met die weermagparade.”

Daar is later vasgestel dat die koeëlpunt waarskynlik ‘n .45-kaliber is. Dié tipe ammunisie word gewoonlik met ‘n handwapen afgevuur.

Die voorval het kort na 11:30 plaasgevind, in dieselfde tyd wat die 21 salvo-kanonsaluut deur lede van die weermag afgevuur is.

In dieselfde tyd as die Grobler-voorval het ‘n sakeman wat nie geïdentifiseer wil word nie, ook ‘n noue ontkoming gehad.

LEES OOK: ‘n Fees van trofees vir Laerskool Nelspruit

Hy besit ‘n sakeperseel naby die Manganese Metal Company.

“Ek was besig om oor die werf te stap toe ek ‘n plofslag langs my gehoor het. Toe ek afkyk het ek ‘n koeëlpunt op die grond sien lê,” vertel hy.

Hy het die koeëlpunt opgetel, ‘n foto daarvan geneem en aan ‘n familielid, ‘n polisieman in die stad is, gestuur.
Dié projektiel is ook as waarskynlik ‘n .45-kaliber geïdentifiseer.

Dié tipe ammunisie word nie deur die weermag gebruik nie.  Brig.genl. Andries Mahapa, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het by navraag gesê dat hulle geen kennis van ‘n skietvoorval tydens die parade dra nie.

“Ons het Dinsdag ‘n nabetragting oor die parade gehou, maar daar is niks by ons aangemeld nie.”

LEES OOK: Dis weer tyd vir die gewilde Maroela Makiti

Kol. Donald Mdhluli, ‘n polisiewoord-voerder, sê daar is ook geen saak van ‘n skietery by hulle aangemeld nie.

“Die enigste skietery waarvan ons bewus is, is die 21 skoot-kanonsaluut.”  Mdhluli sê dit mag wees dat kwajongens tydens die parade skote in die lug afgevuur het.

“Wat opgaan, moet weer afkom. Wie dit ook al was, was uiters onverantwoordelik.”

Laevelder is op ‘n stadium ingelig dat iemand wat naby Laerskool Laeveld woon, skote in die omgewing gehoor het.

Dié skote was glo te naby aan die skool afgevuur, om met die parade verbind te word. Die inligting kon teen druktyd nog nie bevestig word nie.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version