Local newsNewsNews

Mjejane begin ryke geskiedenis uitbeeld

Mjejane Natuurreservaat het sy eerste gedenkteken by Nellmapiusdrif opgerig, ter nagedagtenis aan die ou Jock-handelsroete daar.

Volgens die algemene bestuurder van Mjejane, Kobus Havemann, is die area die terrein waar die ou handelsroete die Krokodilrivier oorgesteek het. Hierdie roete was tussen 1872 tot 1892 aktief, en was die hoofverbinding tussen die Goudveld en Delagoabaai voordat dit in 1895 deur die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn vervang is.

LEES OOK: Kruie en ouwêreldse gasvryheid op eie werf

Hierdie rivierkruising was bekend as die Nellmapiusdrif, vernoem na Alois Nellmapius, ‘n Hongaarse entrepreneur. Hierdie terrein was ook as rusplek gebruik waar transportryers en hul beeste kon uitrus voordat hulle hul volgende uitmergelende reis aangepak het.

Verskeie rusposte was op die roete beskikbaar gestel. Havemann het die geboorte van die gedenkteken vir die reservaat as die eerste van ‘n reeks wat die geskiedenis van Mjejane gaan uitbeeld, gereël. Die volgende gedenkteken gaan die Lugedlane-geskiedenis vertel.

LEES OOK: Nelliehart sorg vir nuwe bril

“Ons het begin met die idee om ons geskiedenis uit te beeld sodat ons die besoekers ‘n gevoel kan gee vir die ryk invloed wat Mjejane het,” het Havemann gesê. Die reservaat nooi mense uit om Mjejane te besoek. “Ons sal verantwoordelik wees vir elke tydperk in die geskiedenis wat ons hier uitbeeld.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

Back to top button