AdvertorialBusinessNews

Alles van Höerskool Nelspruit en nóg meer

Die skool se hoofdoel is om geleenthede vir leerders te skep om hulle talente van God op elke terrein ten volle te ontwikkel sodat hulle ná skool as selfstandige mense die grootmenswêreld met selfvertroue en sukses kan hanteer. Die hoofklem val op akademiese ontwikkeling. ‘n Hoë slaagsyfer en ander akademiese prestasies is die resultaat van effektiewe onderrig, sinvolle bemoeienis en konstante steun.

Historiese agtergrond van NHS:

Die skool het in 1916 as ’n eenmanskooltjie tot stand gekom. Sedert 1933 is die junior- en seniorleerders van mekaar geskei en het die skool as die Nelspruitse Skool bekend gestaan. Die huidige skoolgebou is in 1952 voltooi en die laer- en hoërskool het as twee afsonderlike skole voortbestaan. Fenomenale groei het op vele terreine plaasgevind en twee hoërskole, Lowveld High School (in 1970) en Hoërskool Bergvlam (in 1975), het uit Hoërskool Nelspruit ontwikkel.

Fasiliteite by NHS:

NHS het pragtige fasiliteite. ’n Volledig toegeruste gimnasium en ’n opgeleide biokinetikus is tot sportspanne se beskikking. Die skool se AstroTurf-hokkieveld is sedert Maart 2017 in volle gebruik.

Die kultuur- en veeldoelige sentrum bied ‘n verskeidenheid geleenthede vir die ontwikkeling van kinders op kulturele gebied asook die aanbied van verskeie aktiwiteite. Die dagsentrum wat deel van die fasiliteit is, bied ‘n veilige hawe vir dorpsleerders buite skoolure (eet-, aantrek- en huiswerkfasiliteite). ‘n Verdere bate is die tuiste wat vir bemarking asook die oudleerder- en ondersteunersbond gebied word.

Op hulle beurt ploeg hulle waarde terug in die voortbestaan van NHS. Die fasiliteite is moontlik gemaak deur die ouers, personeel en leerders wat gesamentlik verantwoordelikheid neem vir die beplanning, finansiering en fisiese hulp.

Akademie, sport en kultuur:

By NHS is daar ’n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur. Leerders word aangemoedig om aan minstens een somer- en een wintersportsoort, sowel as een kulturele aktiwiteit, deel te neem. ‘n Betrokke leerder is ‘n gelukkige leerder.

Buitemuurse aktiwiteite is vormend en leerders wat daaraan deelneem, beleef hul skoollewe as verrykend. Buitemuurse aktiwiteite ontwikkel ons leerders fisiek en geestelik. Die skool verwag dat busleerders die nodige vervoerreëlings sal tref sodat hulle by hierdie aktiwiteite kan inskakel.

Sportsburo:

Die Sportburo van NHS beskik oor die dienste van ‘n psigiese afrigter wat spanne en individue help om optimaal te presteer. Afrigters sorg dat spanne tegnies en takties goed voorberei word vir hul kompetisies.

Die mediese been van die Sportburo bestaan uit ‘n dokter en fisioterapeut, met kamers by die gimnasium, wat spesialiseer in die diagnose en rehabilitasie van die spelers se sportbeserings. Onder die wakende oog van ‘n toegewyde biokinetikus word atlete se rehabilitasie en hertoetrede tot sportspanne fyn gemonitor. ‘n Biokinetikus is medeverantwoordelik vir die rehabilitasie van beserings.

Koshuise:

Daar gaan 480 leerders in Hoërskool Nelspruit se twee koshuise tuis: Huis Maré vir dogters en Huis Hermann Davin vir seuns. Hier word ‘n huislike atmosfeer geskep en roetine bied vastigheid en dissipline aan die inwoners. NHS se koshuise is tradisievas. Spesifieke gebruike snoer die seuns/dogters saam en laat hul waarlik deel van die koshuisgesin voel.

Stiltetyd en gangbybelstudie is belangrike tye in die koshuise. Tradisionele geleenthede soos ‘n ma-en-dogterdag, ‘n pa-en-seunaand, ‘n koshuis-sêr, Mej. HM, vlugbal en koshuisverjaardae en -dinees is hoogtepunte op die koshuiskalender.

Vir nog informasie 

Skakel ons

Stuur vir ons ‘n epos

Besoek ons webtuiste

Kyk ons Facebook blad

Back to top button