Marloth-leeus steeds ‘n realiteit

Die laaste keer wat leeus in dié park gewaar is, was 23 Januarie.

Marlothpark-leeus is geen mite, sê Gerrie Camacho, die MTPA se karnivoorspesialis.

Die onlangste geval waar twee leeus gesien is, was op 23 Januarie toe ’n hekwag die twee by die Makarios-hek van die park gewaar het.

Camacho sê hulle vermoed die leeus kom en gaan, en dit is moeilik om op ’n spesifieke oomblik te sê waar en hoeveel daar is, veral as gevolg van hoe ryg dit in die park is.

Dit bly egter steeds ’n baie werklike gevaar, en mense moet nie die waarskuwing sommer net afmaak as nonsens nie.

LEES OOK: Vet pret by interhuis vir Komati Akademie

Wanneer die span nuwe inligting kry en dit bevestig, word daar ’n waarskuwing uitgestuur.

Sommige lede op die Facebook-groep, MARLOTH PARK SIGHTING PAGE, het gespekuleer oor die geldigheid van die waarskuwings wat so dikwels uitgestuur word, veral omdat die bewoording dieselfde is en net die straatname verander.

LEES OOK: Dis weer interhoërjaar by Nellies!

Camacho sê dit is eenvoudig omdat die instruksies wat mense moet volg, onveranderd bly. “Natuurlik sal dit dieselfde bly.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version