Local newsNews

Innibos Flinkdink-vasvra ‘n dawerende sukses

'n Feestelike Innibos Flinkdink het verlede Donderdagaand die deelnemende spanne lekker laat bontstaan om die korrekte antwoorde te vind.

Sowat 116 mense het dié vasvra-aand bygewoon by die Suikerbossie-teetuin. Gery van Gelder, die vaardige vasvrameester, het die spanning volgehou tot ‘n kop-aan-kop-uitslag.

Die wenspan was die Wysneuse, met spanlede Anna-Marie van der Linde, Elza Vorster, Ronelda Jordaan en Zani Barrish. In die tweede plek, met slegs een punt minder, was Nagkantoor van Kaapsehoop.

Spanlede Rudi du Plessis, Alita Steenkamp, Henk en Deleen Frey, en Alicia en Hugo Whitting sou die geesbeker waaragtig ingepalm het was daar een gewees! In die derde plek was 100.5 FM.

LEES OOK: Plaaslike sanger aangewys as finalis in sangkompetisie

Alison Linde, organiseerder van Innibos, sê die bywoning het haar verwagtinge oortref. “Ek dink almal is uitgehonger vir ‘n fees in die kleine, en die aand was dit beslis. Ons maak reeds planne om nog so ‘n gesellige byeenkoms te hou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button