IN FOTO’S: Kolhaas beland in noodlottige luislanggreep

Die paartjie wat op die vangs afgekom het, het vir meer as twee ure dié gesig in die Nasionale Krugerwildtuin aanskou.

Tydens ‘n vorige Maart/April-vakansie het Lizette Roodt en haar man op hierdie gesig in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) afgekom. “Ons het  een oggend baie vroeg op die S79 gery op soek na luiperds en toe op die haas en luislang afgekom,” het Lizette gesê.

> Foto’s: Lizette Roodt

“Dit was die mees asemrowende gebeurtenis omdat dit so tydsaam plaasgevind het. Dit was nog meer indrukwekkend weens die feit dat die luislang se bek só groot kon oopgaan.

“Ons het vir meer as twee ure gesit en kyk hoe die prentjie ontvou.”

Die paartjie spandeer gewoonlik sowat 10 dae in die wildtuin, waarvan hulle die tyd opdeel tussen Laer Sabie en Satara. Ook maak hulle seker dat hulle ‘n rivieruitsig het sodat hulle die naglewe kan geniet.

“Ons het juis die afgelope Oktober-vakansie ‘n vangs reg voor ons rivierfront-tent gehad – drie leeus wat ‘n blouwildebees gevang het.”

LEES OOK: Komatipoort Voories triomfeer oor hoogste punt in die Krokodilpoort

Die twee is oorspronklik van Rustenburg en probeer om minstens drie keer per jaar die NKW te besoek.

Hoewel die luislangvangs tydens ‘n vroeër vakansie gebeur het, kon Lizette eers onlangs toegang tot die media op haar skootrekenaar kry, waarna sy dit met mede-wildtuinliefhebbers op die SANParks – Kruger National Park Facebook-groep gedeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version