Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Gelofte Badfontein Lydenburg

Die jaarlikse Badfontein Geloftefees vind weer vanjaar op die Badfontein Wildsplaas plaas.

Verrigtinge skop op Sondag 15 Desember af met ‘n program by Rusoord Ouetehuis waar ‘n kort diens gelewer gaan word. Dit word voorafgegaan met die aankoms van ‘n perdekommando by die ouetehuis.

Na die verrigtinge by die ouetehuis vertrek die perdekommando na Badfontein Wildsplaas waar ‘n bring-en-braai sal plaasvind. Feesgangers hoef net hul eie vleis te bring. Pap en sous word voorsien. Hier gaan lekker gekuier word om ‘n kampvuur. Daar is egter beperkte verblyf beskikbaar. Skakel Marlize Beetge by 084-208-8257 vir bespreking.

Maandag 16 Desember vanaf 08:00 kan feesgangers lekker pannekoek en koffie geniet voor die Gelofteprogram om

10:00 begin.

Program:

• Aankoms van perdekommando

• Oorhandiging van Bybel, Gelofte en vlae

• Lees van Gelofte

• Saluutskote

• Sing van volksliedjies

• Geloftediens deur ds. Lemmer Venter

• Bring-en-braai waar pap en sous weer voorsien sal word.

 

Vir meer besonderhede, skakel Nico Cross by082-470-3070.

Geloftediens Lydenburg:

Gesamentlike Geloftediens vind plaas om 09:00 in die Gereformeerde Kerk Lydenburg om 09:00. Die diens word gelei deur ds. Abel Steyn. Navrae: Fanus Potgieter 083-454-1167.

• Naauwpoort Geloftefees:

Geloftediens om 09:00 vind plaas in die Steenkampsberg Boereverenigingsaal. Navrae: Ernst Lategan

082-898-1825.

Back to top button