Local newsNews

Laerskool Laeveld beloon toppresteerders

Laerskool Laeveld het onlangs hul toppresteerders vir 2019 by 'n merietefunksie met die tema "Weerspieël jou talente" beloon.

Milde Cronjé het die Hoof se Toekenning ontvang.

Die Voortrekker Kultuurerepenning vir die mees veelsydigste leerder het vanjaar aan JC Swarts gegaan.

Haley Cussons het vanjaar die sportdogtertoekenning verower, terwyl Cian Maritz aangewys is as die sportseun van die jaar.

Tydens dié glansgeleentheid is die hoofleiers vir 2020 aangewys.

LEES OOK: Vliegongeluk van 16 jaar terug word steeds onthou

Anton van Niekerk is die aand ook as hoofseun en Lourica van der Merwe as hoofdogter aangewys. Die onderhoofleiers is Francois Louw en Jehané Erasmus (kultuur) en Dalmyn Pretorius en Haley Cussons (sport).

Onderhoofleiers Francois Louw, Dalmyn Pretorius, Haley Cussons en Jehané Erasmus.

Die hoofleier van die diensraad is Stian Bingle en die onderhoofleier Sean Nekhavhambe.

Luné Meyer is aangewys as die hoofleier van die mediaprefekte en onderhoofleier is Jenmarné le Roux.

Die leerders het getoon dat akademie net so belangrik geag word as sport en die dux-leerlinge is Stefan Coetzee (gr. 7), Henrike de Wet (gr. 6), Henru Herbst (gr. 5) en Sanmari Kleynhans (gr. 4).

‘n Uitsonderlike prestasie is ook die De Beer-drieling en die Maré-tweeling in gr. 7 wat vanjaar almal 100 % skoolbesoek vir sewe agtereenvolgende jare gehad het.

LEES OOK: Kurt Darren stel nuwe CD bekend in Mbombela

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button