EntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsSchools galleries

Laerskool Ohrigstad Revue 2019

Floris en die fliekfee is 'n produksie wat Laerskool Ohrigstad verlede week op die planke gebring het.

Na maande se oefen kon hulle uiteindelik die gordyne ooptrek vir ouers en ander belangstellendes.

Floris is ‘n jongman wat droom om eendag ‘n filmregisseur te word, maar daarvoor het hy ‘n fliekfee nodig om hom te toor tot binne-in sy gunstelingrolprente.

Een na die ander het Floris deur verskeie rolprente getoer. Elke graad moes ‘n spesifieke rolprent uitbeeld. Van die babaklassie tot en met die seniors het saamgesing en gedans op bekende liedjies uit die verskeie films.

Maande se beplanning en oefening was verseker sigbaar. Elke dansbeweging en noot is perfek uitgevoer en dit was duidelik op die gesiggies dat die kinders hulself gate uit geniet het.

Back to top button