Macadamia word bederf deur Care Buddies

Die organisasie het gedurende Julie by Crossing SUPERSPAR toiletware vir bejaardes in die dorp ingesamel en bederf hulle nou daarmee.

MBOMBELA – ‘n Gesellige gees het Vrydagoggend in die Macadamia Care-saal geheers toe inwoners deur die Care Buddies besoek is – ‘n kuier waarna hulle lank uitgesien het.

Ria van Zyl, Ann Cleaver, Meisie Barnard (Care Buddy) en Francois Potgieter.

Die organisasie, onder leiding van Meisie Barnard, het gedurende Julie by Crossing SUPERSPAR toiletware vir bejaardes in die dorp ingesamel.

“Ons is so dankbaar vir die gemeenskap se oop harte,” het Barnard gesê. “Ons het gedink ons sou dalk minder goedjies insamel omdat die ekonomie so sukkel, maar ons het 2 000 meer items as verlede jaar ontvang.”

LEES OOK: Special care for Herfsakker

Care Buddies wou seker maak die gemeenskap weet dat hulle donasies nie gemors gaan word nie en het besluit om in die maand ander senior lede ook met die toiletware te verras. Elke Care Buddy het ‘n spesifieke ouetehuis wat hulle gedurende die jaar besoek.

Sannie Jansen van Vuuren, Tracey Hammilton (Care Buddy), Andries Pruis en Louis Sonnekus.

Tracey Hammilton, wat gereeld by Macadamia kuier, sê hulle neem die inwoners elke Vrydag vir ‘n koppie koffie of tee by ‘n ander koffiewinkel, “en ons almal geniet elke oomblik daarvan”.

Patrys Walters, Bettie Viljoen, Marianne Wilken, Eunice van Rensburg en Jenny Oats.

Die bejaardes het gestraal toe hulle Vrydagoggend hulle pakkies ontvang het en kan gerus voel dat hulle vir die volgende paar maande ‘n paar items minder het om aan te koop.

Kristal Hartwig, Tess Lewis (Care Buddy) en Dolly McCallum.

LEES OOK: Eskort maak hart oop vir die gemeenskap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version