Local newsNews

Soektog geloods na vermiste 86-jarige

Die soektog môre sal voortgaan, en vrywilligers word genooi om by die soektog aan te sluit.

NGODWANA – Die polisie het onlangs ‘n soektog geloods na ‘n 86-jarige man wat Vrydag in die area weggeraak het.

Volgens kapt. Pottie Potgieter, het Johannes Radebe gaan perd ry en nooit na sy huis teruggekeer nie. “Sy perd is intussen gevind en ons het vanmiddag sy skoene, rugsak en kapmes gekry,” sê Potgieter.

Hy voeg by dat die soektog môre sal voortgaan, en nooi vrywilligers saam, om op eie risiko, by die soektog aan te sluit.

Vrywilligers kan om 08:00 by McDonald’s in Riverside aanmeld waar ‘n polisiebus sal wag. Daar is slegs plek vir ongeveer 20 mense, so maak seker jy is vroeg daar. Potgieter stel voor dat hulle gemaklike stapskoene, ‘n hoed en ten minste twee liter water saamvat.

Lees ook: Abnormal water tanks cause another incident on Lowveld roads

Young woman’s body found in shallow grave

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button