AnimalsLocal newsNews

Brandgevaar by DBV nou minder

Opwindende tye wag vir dierewelsyn in die stad met die DBV Nelspruit wat vele pogings aanwend om die terrein te verbeter, die gemeenskap nader te trek en fondse in te samel.

MBOMBELA – Die DBV Nelspruit is besig om ‘n waterskeidingsera vir dierewelsyn in die stad in te lei.
Die gemeenskap kan gerus wees dat die nuwe bestuurskomitee sedert hul aanstelling in Mei hard aan die werk is om ‘n verskil aan die organisasie se toekoms te maak. Hulle fokus daarop om bestaande probleme op te los, maar het ook verskeie ander opwindende ontwikkelinge van stapel gestuur.

‘n Op-en-wakkerspan van Working on Fire (Wof) het Vrydag by die DBV se gronde ‘n reuseverskil gemaak aan die moontlikhede om die terrein beter te benut.

IMG_2314 (Small) (2)

“Ons het oorbewus geword van die brandgevaar van die gronde toe ons uitgevind het die perseel is eintlik veel groter as wat ons vantevore besef het. Dit laat ons veel meer ruimte vir uitbreiding as wat ons van geweet het,” sê me. Liezl Barnardo, bemarkingskoördineerder van die DBV.

“Dit is veral die seringbome en die lantana-plante wat ‘n brandgevaar geskep het,” sê mnr. Simon du Plooy wat die span van 20 Wof-lede gelei het om die terrein van ongeveer ‘n hektaar van alle onkruid en ruigtes, sowel as om die bome te snoei, skoon te maak.

IMG_2291 (Small)
Liezl Barnardo (links) en Marcelle Hoffman saam met leerders van Duma Primary School in Msogwaba.

‘n Beheerde brand is geskep om al die droë gras te verwyder.

“Wanneer die nuwe groeiseisoen in die lente begin, sal die terrein reg wees om moontlik perde of donkies, wat gekonfiskeer is, ook op die gronde te huisves en te laat wei,” het Du Plooy gesê.

Dergelike projekte is deel van Wof se gemeenskapsuitreikfunksie en word gedoen wanneer daar nie brande of ander voorbereidings is om te doen vir die brandseisoen nie.

“Dink net aan watter chaos daar kan uitbreek as ‘n brand by die honde- en kathokke ontstaan,” sê Du Plooy.

Ook nuut by DBV Nelspruit is die besoeke wat skole nou aan die hokke en die terrein maak om meer van dierewelsyn te wete te kom.

Me. Marcelle Hoffman, waarnemende voorsittter is opgewonde oor die vooruitsig om groepe ter plaatse te lei.

“Opvoeding oor dierewelsyn en diereregte is ‘n prioriteit in ons gemeenskap. Dis lekker om die kinders op terrein te ontvang. Ook vir die diere is al die liefde en aandag verrykend.”

IMG_2319 (Small)
Celia Sutton (links) en Veronica Szpilfogel.

Die komitee is ook fluks besig met verbeeldingryke fondsinsamelingsprojekte, wat onder meer ‘n gala-dinee op
17 September by Umbali insluit. Kunstenaars soos die gewilde Jonel Celaure van Alaska, Anneke Coetzer en Walter Fourie sal ligte klassieke musiek verskaf. Daar sal ook ‘n veiling gehou word en maatskappye is welkom om skenkings daarvoor te maak.

Navrae: Ilke by 079-896-0453 of Nerina by 082-306-3458. Maatskappye wat ‘n tafel koop sal bemarkingsgeleenthede ontvang. Navrae: Liezl by 083-533-0780.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Check Also
Close
Back to top button