NewsSchools

Komati Akademie glo in bewaring en herwinning

"As ons saamwerk en herwin, kan die wêreld 'n baie beter, skoner en gesonder plek wees om in te lewe," was leerlinge se boodskap tydens 'n herwinning-skoolprojek.

KOMATIPOORT – Leerlinge wat in versierde swart sakke op die skool se terrein rondloop, is nie die norm nie. Die gr. 7’s het egter verlede week op hierdie manier die belangrikheid van herwinning onder die res van die skool se aandag gebring. Hulle het die boodskap met oorspronklike skeppings en plakkate uitgedra.

Dié groep het ‘n klasbespreking oor die relevante onderwerp van herwinning en die nagevolge van besoedeling gehad en besluit dat hulle stemme gehoor moes word.

“As ons saamwerk en herwin, kan die wêreld ‘n baie beter, skoner en gesonder plek wees om in te lewe,” was hulle boodskap.

Die gr. 7’s en me. Magda Stronkhorst gaan beslis meer moeite met herwinningsprojekte doen om ons wêreld ‘n beter plek te maak.

Die gr. 5’s het op hulle beurt twee projekte gehad om te voltooi en het dit onder leiding van me. Lee du Plessis gekombineer en goeie resultate verkry. Eerstens moes elke kind ‘n T-hemp ontwerp en tweedens, ‘n boodskap oor bedreigde spesies uitstuur.

Tilly Mahlalela, Zaynab Ameer, Marloené Janse van Rensburg, Yasmine Coetzee, Liza Goncalves, Anri Pelser, Elmarie Olivier en Kyla Benadé.
Tilly Mahlalela, Zaynab Ameer, Marloené Janse van Rensburg, Yasmine Coetzee, Liza Goncalves, Anri Pelser, Elmarie Olivier en Kyla Benadé.

Die leerlinge het sommer baie kreatiwiteit aan die dag gelê en trots gewys waartoe hulle in staat is. Zaynab Ameer se slagspreuk was veral treffend: “Shoot us with cameras, not guns.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button