Local newsNews

Twee Laeveldse rock-bands Innibos RockRumoer finaliste

Backstage en The Unknown het op nasionale vlak presteer deur twee van 21 finaliste te wees.

MBOMBELA – Een-en-twintig rock-bands ding vanjaar mee vir een van 10 plekke op Innibos se MK-rockverhoog. Suid-Afrikaanse rocklegendes soos Jack Parow, Francois van Coke en Die Heuwels Fantasties het al daar opgetree en opkomende kunstenaars droom van ‘n debuut voor dié kopskud-gehoor.

Adelene Niehaus is die projekbestuurder van Innibos RockRumoer, ‘n landswye kompetisie wat groepe die geleentheid bied om op die MK-verhoog op te tree tydens vanjaar se fees. Niehaus het aan Laevelder gesê dat inskrywings van hoogstaande gehalte teen die sluitingsdatum ontvang is. Slegs groepe wat tussen drie en ses lede het en nog geen kontrak met ‘n plaatskappy geteken het nie, kon aan die kompetisie deelneem.

“Ons het 21 finaliste aangewys en hierdie bands se musiekvideo’s is op Innibos se webblad.

So maak mens:

  • Besoek Innibos se webblad deur op hierdie pers skakel te kliek: www.innibos.co.za.
  • Kliek op “Ander”
  • Kliek op “Rockband Kompetisie”

Rockband

  • Kies jou gunsteling band.  Nou is ‘n goeie tyd om te onthou dat daar twee plaaslike groepe onder die 21 finaliste is.
  • Klier hier vir The Unknown se musiekvideo.
  • Onderaan die video sal daar ‘n knoppie verskyn waarop daar “Stem vir die video” sal staan.  Kliek daarop om vir jou gunsteling band te stem.

“Enigeen kan die blad besoek en vir hulle gunsteling-groep stem met die klik van ‘n knoppie. Ons het reeds meer as 500 stemme geregistreer. As jy nog nie gestem het nie, roer jou! Slegs een stem per persoon word toegelaat.” 

Nadat die publiek vir hulle gunsteling op die web gestem het, sal 10 finaliste op 2 Mei aangekondig word. Dié sal op Woensdag 29 Junie aan ‘n battle of the bands deelneem, een soos geen ander.

Die kans om op Innibos se hoofverhoog op te tree, is ook op die spel. ‘n Keurings-paneel bestaande uit bekende rockers en kenners uit die musiekbedryf sal twee groepe aanwys wat die Donderdagaand deel van die program sal wees. Hulle sal saam met Karen Zoid, Kahn Morbee, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Black Cat Bones, Dan Patlansky en Albert Frost op die hoofverhoog optree. Een van hierdie twee groepe sal uit die stryd as die top-band tree en R25 000 wen.

Laevelder het reeds met beide groepe gesels en onderhoude met die musikale manne verskyn binnekort in die koerant.

The Uknown se eie komposisie Open Road – Akoestiese Weergawe

The Unknown se eie komposisie Open Road

The Unknown se weergawe van Breyten se Brief

 

Backstage se weergawe van Lighting Crashes  

Die opname is Vrydag deur Laevelder by The Pub gemaak.  Hou ons webblad dop vir The Unknown se musiekvideo wat binnekort aanlyn sal verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button