Trappers vestig nuwe visie by uitgebreide Crossing-sentrum

Vir alle noodsaaklike buiteluggereedskap en -klerasie het Trappers Vrydag 1 April by die nuwe vleuel van Crossing-sentrum oopgemaak.

MBOMBELA – Laevelders wat die buiteluglewe geniet, het nou ‘n nuwe eenstop-opsie vir al hulle benodighede.

Vir alle noodsaaklike buiteluggereedskap en -klerasie het Trappers Vrydag 1 April by die nuwe vleuel van Crossing-sentrum oopgemaak.

Eienaars mnr. Christo en me. Suzette Viljoen is ou Laevelders wat na ‘n paar jaar in die Kaap terug is waar hulle harte lê. Die egpaar bring die nuwe konsep van Trappers saam met hulle.

Dit fokus ‘n bietjie meer op tegnologie, met ‘n spesiale sone wat in die winkel daarvoor opsygesit is.

Die franchise-gewer, mnr. Grant Ponting, het ook die opening van die blinknuwe winkel bygewoon. Suzette sê dit is vir hulle belangrik om aan hul kliënte die kundigheid van kenners te bied.

Opgewondenheid oor Deeghuys sy deure oopmaak

“As jy ‘n verkyker koop, wil jy die klein verskil tussen twee produkte weet. Om die regte produk te kies is iets waarmee net ‘n kenner jou kan help,” verduidelik sy. Die Viljoens voel die winkel se ligging is ideaal, juis omdat dit nie binne ‘n winkelsentrum is nie. Klante kan reg voor die ingang parkeer.

“In ‘n winkelsentrum verloor jy jou identiteit. Hier kan jy uit die winkel direk uitloop buitentoe. Dit gee dit ‘n aardsheid,” sê Louis.

Suzette voeg by dat sy beplan om toenemend meer te fokus op dames en jonger kinders en die algehele produktereeks vir die bos, berg en strand uit te brei.

“Dit is vir almal, van mense wat hou van die buitelewe tot die boeregemeenskap en selfs vir ‘n seuntjie wat dieselfde hemp as sy pa wil dra.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version