AnimalsAnimalsEnvironmentalHard newsNewsNewsWeather

Wildtuin verwelkom eintlik die droogte

Hy het verduidelik dat slegs die sterkste diere sulke droogtes oorleef en dit verseker dat die genepoel gesond bly

SKUKUZA – Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gaan net soos die res van die land onder groot droogte gebuk. Anders as boere wat angstig wag op reën, verwelkom die wildtuin se ekologiese kenners dit egter.

Mnr. William Mabasa, ‘n woordvoerder van die NKW, het by navraag gesê dat sekere damme reeds opgedroog het en dat die riviervlakke ook baie laag is.

“Die Krokodil- en Letabariviere het in laagliggende dele reeds ophou vloei. Ons is egter ‘n droogte te wagte en die wildtuin se ekosisteem kan sulke omstandighede hanteer.”

Lees ook: Heavy rains may cause floods again

Hy het verduidelik dat slegs die sterkste diere sulke droogtes oorleef en dit verseker dat die genepoel gesond bly. Hoewel sommige kenners beweer dat bokke hul ongebore lammers terughou totdat die eerste reën val, het dr. Freek Venter, hoof van SANParke se bewaringsdienste, by monde van Mabasa gesê dat dit ‘n ongegronde gerug is.

Hoewel reën reeds in September in die wildtuin val, word die eerste noemenswaardige neerslae eers in Oktober en November aangeteken. Venter het bygevoeg dat hulle wel ‘n patroon van droogte waarneem.

Lees ook: Lowveld flood status: rescues from rooftops and bridges

“Daar is gewoonlik ‘n patroon van nege tot 11 jaar met ‘n reënval hoër as normaal en ook nege tot 11 jaar minder as normaal. Ernstige droë jare soos 1982/83 en 1991/92 gaan gewoonlik met twee agtereenvolgende droë jare gepaard.”

Back to top button