AnimalsAnimalsEnvironmentalHard newsLocal newsNewsNews

Boerboel na vyf dae in strik gevind

Nala het wel ernstige wonde aan haar nek, maar het oorleef sonder kos en water.

MBOMBELA – ‘n Boerboel wat vir bykans vyf dae vermis was, is vroeër die week in ‘n strik in die omgewing van Cairn opgespoor.
Die vierjarige Nala het volgens haar eienaars, me. Tia Leemhuis en mnr. Leon van der Westhuizen, nog nooit vantevore weggeraak nie. Nala is een van vyf honde op die werf en hoewel hulle gereeld onder die heining deurkruip, kom hulle altyd weer terug.
Toe Nala nie teruggekeer het nie het Leemhuis ‘n kennisgewing op Facebook geplaas met die hoop dat iemand hom dalk êrens opmerk.
Sy is deur mnr. Jaco Klopper van Mpumalanga Animal Crime Watch gekontak wat aangebied het om die troeteldier teen ‘n fooi te gaan soek.

MACW-Bush-Warriors-15-Feb-2
Klopper is al bekend in die Laeveld vir sy dierereddingspogings asook sy veldtog om strikke wat deur stropers gestel word, te soek en uit die natuur te verwyder.
Volgens Leemhuis is die hond binne ‘n uur en ‘n half in ‘n strik in die omgewing gevind waar sy sonder kos of water oorleef het. Hoewel sy vir wonde aan haar nek behandel word, glo Nala se eienaars dat sy ten volle sal herstel. “Dis die eerste keer wat ek hoor van ‘n hond wat hier in ‘n strik gevang is, maar ek kan nie sê of daar al ander gevalle ook was nie,” sê sy.

Die wonde aan Nala se nek.
Die wonde aan Nala se nek.

Teen druktyd kon Klopper nie kommentaar lewer oor hoe hy die dier opgespoor het nie.

facebook found

Back to top button