HealthLifestyleLocal newsNewsNewsPeople

Inowoners sit hul beste voetjie voor tydens KANSA se Pienk-loop

Die strate was Saterdag pienk getooi toe die KANSA Pienk-loop plaasgevind het.

LYDENBURG – Die strate was Saterdag pienk getooi toe die KANSA Pienk-loop plaasgevind het.

Verskeie ondersteuners het by Longtom SPAR bymekaargekom vanwaar hulle na die NG Suid Gemeente gestap het – alles ten bate van die bewusmaking van borskanker.

Ondersteuners was almal in pienk geklee en selfs ‘n paar viervoetige vriende het die staptog meegemaak. Volgens Isobel Janse van Rensburg van KANSA Lydenburg bedank sy almal vir hul ondersteuning. “Ons by die KANSA-vrywilligersgroep waardeer dit opreg baie en mag elkeen van julle geseënd wees. Dankie aan die borge, NG Suid Gemeente, Postnet, Oases en die verkeersdepartement van Lydenburg vir hulle hulp om ons veilig op die pad te hou tot by ons bestemming.”

Sy het ook al die borskankeroorwinnars bedank en Jeanie Gysel wat getuie gelewer het oor haar geveg teen borskanker. Die oudste kankeroorwinnaar in die dorp is al 35 jaar in remissie, die jongste ses maande.

“Dankie aan Femfitness en Babbelbekkies vir hul groepe wat deelgeneem het en ook aan Spiros Couvarous, die seremoniemeester. Baie dankie ook aan Chrissie, Elsa van Tonder en Trudie Viljoen vir die voorbereiding van die kos.”

Back to top button