AnimalsEnvironmentalLocal newsNewsNews

Kameelperd nie veel gepla met verkeer

MARLOTHPARK – Getooi soos ware Springbokondersteuners, op pad om hulle span in hulle kragmeting teen Samoa te gaan ondersteun, is Corridor Gazette se korrespondent, haar man en ‘n paar vriende in hierdie unieke padblokkade voorgekeer. Die kameelperd het dié rugbygeesdriftiges vir ‘n goeie 15 minute laat wag terwyl hy doodluiters aan die groenigheid heel bo …

MARLOTHPARK – Getooi soos ware Springbokondersteuners, op pad om hulle span in hulle kragmeting teen Samoa te gaan ondersteun, is Corridor Gazette se korrespondent, haar man en ‘n paar vriende in hierdie unieke padblokkade voorgekeer. Die kameelperd het dié rugbygeesdriftiges vir ‘n goeie 15 minute laat wag terwyl hy doodluiters aan die groenigheid heel bo in die boom gestaan en peusel het. Hy het uiteindelik so ‘n entjie opsy gestaan sodat hulle kon verby en ewe nonchalant die voertuig gestaan en agternakyk. Miskien het hy, soos baie ander Suid-Afrikaners maar sy bedenkinge gehad of die Bokke die wa dié afgelope naweek deur die drif sou trek, en wou dalk dié groep weerhou van nog ellende soos verlede naweek teen Japan. Nodeloos om te sê, het die Bokke die land weer trots gemaak om ‘n groen trui te dra.

Back to top button