AnimalsEnvironmentalLocal newsNewsNews

Kleurryke ooievaar is n ware fees vir die oog

MARLOTH PARK – Een van die dorp se gunstelingfotograwe en ‘n oudinwoner, Jan Koekemoer, het uitsonderlike foto’s van die saalbekooievaar (Ephippiorhynchus senegalensis) geneem. Hierdie is een van die mees kleurrykste ooievaars met sy bont snawel. Sy naam is ontleen van die geel gedeelte aan die bokant van sy snawel. Die voëls se dieet bestaan hoofsaaklik uit …

MARLOTH PARK – Een van die dorp se gunstelingfotograwe en ‘n oudinwoner, Jan Koekemoer, het uitsonderlike foto’s van die saalbekooievaar (Ephippiorhynchus senegalensis) geneem. Hierdie is een van die mees kleurrykste ooievaars met sy bont snawel. Sy naam is ontleen van die geel gedeelte aan die bokant van sy snawel. Die voëls se dieet bestaan hoofsaaklik uit vis wat hulle in vlak water vang. ‘n Duidelike verskil tussen die mannetjie en wyfie is die kleur van hul oë: Mannetjies het bruin en wyfies geel oë. Hulle leef gewoonlik in pare en maak hul nes in bome. Wat hulle van die ander ooievaarsoorte onderskei is dat die saalbekooievaar meestal in dieselfde gebied bly waar die ander spesies rondswerf. Jan is ook stigter van die Marloth Park Sightings- en Marloth Bird Sightings-groepe op WhatsApp en hulle gons behoorlik heeldag lank oor die pragtige foto’s wat hy neem. Dit lede is nou al so bederf dat Jan sommer vroeg ‘n opdrag gekry het om diere te gaan soek en af te neem en die foto’s aan te stuur. Gelukkig is hy lief vir die buitelug en ‘n kranige fietsryer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button