CrimeHard newsNewsNews

Martie Kruger gevonnis vir man se skietdood

Sy is 'n vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.

BARBERTON – ‘n Vrou van Malalane wat verlede jaar haar man in hulle huis doodgeskiet het, het hierdie week skuldig gepleit op ‘n klag van strafbare manslag.

Martie Kruger (48) het haar man, Hennie, verlede jaar op 12 Mei geskiet. Hennie was ‘n bekende sakeman in die Onderberg en eienaar van die makelaar-onderneming, H&M Kruger Ingelyf.

Laevelder het ná sy skietdood betroubaar verneem dat Martie haar eie lewe wou neem en met twee vuurwapens in die hand uit die huis gehardloop het. Hennie het haar agternagesit en ‘n struweling het ontstaan. ‘n Skoot het afgegaan en hy is in die nek getref. Martie is in hegtenis geneem en op borg van R5 000 vrygelaat. Die verhoor is Woensdag voltrek toe sy skuldig gepleit het op ‘n klag van strafbare manslag.

Sy is ‘n vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.

‘n Vrou van Hazyview het ‘n week ná Hennie se dood na vore gekom en onthul dat hulle ‘n romantiese verbintenis gehad het. Sy het vertel dat sy hom op ‘n aanlyn-kletswebtuiste ontmoet het. Die twee was in Oktober 2013 vir ‘n romantiese wegbreek. “Dit was pragtig. Hy het elke oggend ontbyt gemaak,” het sy in ‘n onderhoud aan Laevelder onthul. Volgens die vrou het hulle mekaar nie weer daarna gesien nie, maar kontak behou.

Sy is in Januarie 2014 met ‘n SMS gekonfontreer waarin sy gevra is of sy ‘n verhouding met ‘n getroude vrou se man het. Die persoon wat die SMS gestuur het, het gesê dat die ander vrou “een van vele is en dat Hennie aan ‘n hartaanval dood is omdat hy Viagra gebruik het”. Die SMS het blykbaar verder gelees dat Hennie se vrou hom finansieel moes onderhou.

Een van Martie se regsverteenwoordigers, mnr. Chris Engelbrecht, het vroeër gesê dat hierdie bewerings se korrektheid “nie noodwendig aanvaar word nie”. Hy het ook opgemerk dat die vrou wat hierdie aantygings gemaak het, nie weer ná haar onderhoud met Laevelder ‘n woord daaroor gerep het nie. Martie, wat gedurende haar verhoor baie emosioneel was, is deurgaans deur haar seuns, Hendrik (27) en Marco (21), ‘n kranige Pumas-rugbyspeler ondersteun. Die Krugers se onderneming, H&M Kruger Ingelyf, is intussen verkoop, maar Martie werk glo nog daar.

Reference Number:

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button