Beauty & fashionLifestyleLocal newsNewsNews

Jong talent dié naweek by Mej. i’Langa-modevertoning te sien

Geraldine Scholtz, model en sanger, gaan die gehoor met haar pragstem vermaak.

MBOMBELA – ‘n Jong kunstenaar, wat besig is om groot naam vir haarself te maak, is hierdie naweek by die Miss I’langa Mall-modevertoning te sien.

Lees oor Mej. i’Langa hier: Matriekleerling wen die kroon

Geraldine Scholtz (15) van Witrivier was al in Follicle, the Musical te sien en was al een van die sterre van Stoep se open mic-aande. Sy sing al byna nege jaar en haar drome vir haar loopbaan strek wyer as ons land se grense.

“Ek wil nie net ‘n plaaslike sangeres wees nie, maar ‘n wêreldwye kunstenaar,” het sy met groot oortuiging aan Laevelder vertel.

Om haar talent verder te ontwikkel, het haar ma wat ook haar bestuurder is, professionele hulp ontbied.

Malie Kelly, stemafrigter van Idols South Africa, help my ook met stemoefeninge. Sy is fantasties en ek is baie dankbaar vir die ondervinding wat ek by haar opdoen.

Behalwe vir die fluweelstem, steek daar veel meer in dié beeldskone hoërskoolmeisie. Sy het by vanjaar se Miss Timeless Face South Africa met die lint vir tweede prinses weggestap.

“Ek probeer om so veel as moontlik fasette te hê, nie net sang nie. Drama en modelwerk is ook groot passies van my en dit sal bydra tot my veelsydigheid as kunstenaar.”

Om hierdie skoonheid self gade te slaan, kom loer gerus om 16:00 by die Miss I’langa-kompetisie in, of besoek haar Facebook-blad, Geraldine Scholtz Fan Page.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button