Hard newsHealthLifestyleMunicipalNewsNews

AfriForum: Eskom die sondebok in Mpumalanga rioolkrisis

Volgens Gonzales het Tshabalala erken sy is bewus van die rioolstorting, maar gesê dat sy weens die gebrek aan finansies nie in ʼn posisie is om die rioolpompe onmiddellik te herstel nie.

BELFAST – “Die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit stort al vir langer as ʼn week rou riool in ʼn vleiland en rivierstroom aangrensend tot Belfast”. Só sê AfriForum in ‘n persverklaring wat dié burgerregte-organisasie gister vrygestel het. Volgens hulle word hierdie storting toegeskryf aan die feit dat albei pompe in een van die dorp se pompstasies tans buite werking is.

AfriForum het die pompstasie op 14 Julie besoek ten einde die omvang van die probleem te evalueer. Tydens hierdie besoek is vasgestel dat die pompstasie se primêre rioolpomp asook die sekondêre rioolpomp verwyder is. Ná inspeksie het mnr. Hein Gonzales, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga, besoek by die munisipale kantore afgelê om die situasie met die waarnemende munisipale bestuurder, me. Elizabeth (Lizzie) Tshabalala, te bespreek.

Volgens Gonzales het Tshabalala erken sy is bewus van die rioolstorting, maar gesê dat sy weens die gebrek aan finansies nie in ʼn posisie is om die rioolpompe onmiddellik te herstel nie.

riool

Na afloop van die vergadering met Tshabalala, het AfriForum Mpumalanga se direkteur van waterondersteuning belas met besoedelingsbeheer, me. Mandisa Matiso, asook die departement van water en sanitasie (DWS) op terme geplaas om teen Vrydag, 17 Julie ʼn werkbare plan ter tafel te lê oor hoe die probleem opgelos gaan word. “Die DWS sal onmiddellik moet oorgaan tot aksie indien daar nie ʼn herhaling van die Bloemhof-tragedie in 2014 wil wees nie; verskeie kinders het tóé weens rioolbesoedeling gesterf,” lui die verklaring.

AfriForum sê dit wil voorkom asof krisisse met betrekking tot rioolstorting aan die toeneem is in Mpumalanga. Dít meen AfriForum kan toegeskryf word aan swak instandhoudingswerk en gebreke in infrastruktuur. “Munisipaliteite se reaksie op hierdie krisisse is bloot dat daar geen finansies vir herstelwerk en instandhouding beskikbaar is nie”.

“Ná konsultasie met verskeie munisipaliteite in Mpumalanga, bestaan daar ʼn tendens dat die rede vir die gebrek aan fondse vir infrastruktuur-herstelwerk en instandhouding te wyte is aan Eskom se uitermatige hoë ultimatums wat aan munisipaliteite gestel word om agterstallige skuld te delg. Munisipaliteite in Mpumalanga is die astronomiese bedrag van R1,452,648,512.29 aan Eskom verskuldig. Eskom se swak bestuurswyse en -kredietbeheermetodes het veroorsaak dat skuld oor talle jare opgehoop het en nou wil die elektrisiteitsreus hierdie agterstallige skuld binne een jaar invorder. Hierdie optrede is misdadig. Eskom is besig om die basiese grondwetlike regte van alle Suid-Afrikaners te skend,” het Gonzales in die verklaring bygevoeg.

riool

“Ons sal diegene wat vir die rioolstorting verantwoordelik is, strafregtelik aankla van strafbare manslag indien daar enige sterftes is weens rioolbesoedeling,” het Gonzales afgesluit.

AfriForum het gesê hulle regspan is gereed om voort te gaan met ʼn dringende hofaansoek in die hooggeregshof indien die DWS nie die nodige stappe neem nie.

Lees gerus meer oor dié munispaliteit by onderstaande skakels:

Sabotage and anarchy killing once-thriving Highveld towns

Cogta steps in to rescue Highveld towns from complete collapse

Eiendomsbelasting met tot 2 000 persent verhoog

 

 

Back to top button