CrimeNewsNewsTrending

Wees bedag op moontlike merkers by jou huis

Verskeie items, wat onder meer spuitverf insluit, word glo deur kriminele gebruik om huise te merk en sodoende te teiken.

‘n Onlangse inskrywing op die Facebook-blad, Nelspruit Concerned Citizens het ‘n paar plaaslike lesers behoorlik op hol gejaag.

Dit lui dat verskeie items, wat onder meer spuitverf insluit, deur kriminele gebruik word om huise te merk en sodoende te teiken.

Klippe wat op ‘n sekere manier gepak word, sleutels wat aan bome hang of selfs koeldrankhouers word ook gesien as tekens dat die buurt binnekort geterroriseer gaan word. Soms word dit ook gekoppel aan ‘n sekere betekenis, soos hoeveel mense die huis bewoon.

Maar Hannes du Buisson van die Concerned Citizen-groep sê dat dit uiters moeilik is om tussen werklike tekens en blote toeval te onderskei.

Hy noem wel dat nie te ligtelik opgeneem moet word nie, en dat ‘n vreemde item so gou as moontlik verwyder moet word.

“In omtrent net drie persent van alle huisbrake was daar ‘n merker wat gekoppel kan word aan die misdaad. Maar verwyder nogtans die item voor jou huis net vir ingeval dit dalk ‘n merker is – dit hou boonop ook die buurt skoon,” sê Du Buisson.

“Soms kan dit bloot kattekwaad of vandalisme wees. Inligting kom meestal van binne, soos bediendes wat aan misdadigers vermeld dat daar duursame goedere in die huis is. Talle misdadigers maak ook deesdae gebruik van tegnologie eerder as merkers,” voeg hy by.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button