Local newsNews

Downsindroom-ondersteuningsgroep ‘n groot sukses

Kinders met die afwyking het verskillende grade van leer- en spraakgestremdheid, en hul motoriese vaardighede word in 'n mindere of meerdere mate aangetas.

Die bekendstelling van die eerste ondersteuningsgroep vir ouers met Downsindroom-kinders het hierdie naweek plaasgevind. Volgens een van die stigters, Mary Anne Marais, was dit ‘n reusesukses. Daar was ongeveer 40 mense wat die vergadering bygewoon het en hulle beplan om weer in Mei nog ‘n vergadering te hou.

Dit was ook Saterdag Nasionale Downsindroom-dag wat regoor die wêreld gevier is. Kinders met die afwyking het verskillende grade van leer- en spraakgestremdheid, en hul motoriese vaardighede word in ‘n mindere of meerdere mate aangetas.

Hulle neem ook langer om emosionele, sosiale en intellektuele volwassenheid te bereik. Mary-Anne en haar man, Mornay het self ‘n seuntjie met Downsindroom en meen hulle het ‘n ondersteuningsbasis in die Laeveld nodig. Hulle het ‘n ongelooflike groot behoefte na ‘n ondersteuningsbasis en daarom het hulle besluit om hierdie groep te stig wat ander ouers ondersteun en om bewusmaking van die afwyking te skep.

Hulle wil ‘n beter toekoms vir hul seun verseker. Aan die begin was hulle baie bang en onseker, maar nou sal hulle sy lyfie en glimlag vir niks verruil nie. Die volgende vergadering sal op 17 Mei plaasvind. As jy van hierdie groep wil deel word, skakel Mornay by 082-927-4072.

 
Back to top button