AnimalsAnimalsEnvironmentalLocal newsNewsNews

Prolife bars uit nate, benodig meer hokke

Die DBV het hul reeds op die neus kom tik.

MBOMBELA – Weens ‘n geweldige toename in diere wat by hul voordeur gelos word, moet ProLife Pet Rescue nóg ‘n hok bou.

Prolife-eienaar, Karin Erasmus, sê die dierebeskermingsvereeniging (DBV) het hul fasiliteite vroeër dié week kom inspekteur en gevind dat daar té veel honde in elke hok is. Dus sal hulle nou R15 000 vir die hok moet opdok.

“Die DBV kan nie vir ons sê hoeveel honde in elke hok mag wees nie. Dit hang maar van ‘n klomp voorwaardes af. As ‘n hond tempramenteel is, moet hy alleen in ‘n hok bly. Ander hoonde kom weer baie goed oor die weg en dan kan daar sewe of agt in ‘n hok.”

Erasmus hou vol hul nuwe veearts- en versorgingsfasiliteite is om van te spog, maar ongelukkig is hul hokke nou net te vol.

Allermins, Erasmus beoog om die bouwerk so gou moontlik te begin.

“Ons benodig dringend donasies om dadelik te bou.”

Diegene wat ‘n ‘n bydrae tot die saak wil maak, kan hul skenkings hier deponeer:

Prolife Pet rescue

Standard Bank

Rekeningnommer 030260965

Takkode 052852

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button