EnvironmentalLifestyleLocal sportNewsPeopleSportWeather

Kry jou binneband gereed vir groot avontuur

Die Sabie Tube Race vind Saterdag, 8 Februarie, plaas. Hier is wat jy moet weet.

As jy nou nog nie ‘n ou binneband iewers gaan uitkrap en ‘n groep vriende bymekaar gekry het nie, is dit omtrent tyd om ‘n plan te maak. Hierdie naweek reël honderde ‘n uitstappie na Sabie om ‘n onstpannende, soms stamperige rit op die Sabie Rivier te geniet. Of dit nou reën en of die son skyn, hierdie jaar se 40ste herdenking van die Sabie-binnebandresies beloof om ‘n pretbyeenkoms vir die hele familie te wees. Die tema vir hierdie jaar is “Die minions”, so maak seker om daarvolgens aan te trek. Die byeenkoms word gereël deur die Round Table en word by Castle Rock-kampterrein gehou. Om by Castle Rock te kamp, beloop R300 per persoon wat die resies insluit. Indien jy net die resies wil doen, kos dit R100. Vyf trokke sal beskikbaar wees om deelnemers by die rivier op te neem. Die polisie se duikeenheid en paramedici sal veiligheid verseker. Tiger Wheel en Tyre Riverside het 300 binnebande geborg wat tussen die deelnemers roteer sal word.

Navrae: sabie.tube.race@gmail.com, Gert Delport by 082-788-0975 of Morné Roodt by 084-085-9037.

Back to top button