FeaturesHealthLifestyleLocal newsNewsNews

Manne kom draai toe die snorre waai

Mans kom nou agter hoeveel van 'n realiteit prostaat- en testikulêre kanker is.

Mans het nie verniet die skeermes gedurende November neergesit nie. Die befaamde Movember-beweging het gesorg dat mans, tussendeur die grappies van hul snorre, moontlik hul eie lewens gered het.

Rona Labuschagne, gemeenskapsmobiliseerder van dienslewering vir Cansa, sê gedurende November het 15 meer mans as ander maande gekom vir ondersoeke te behoeding van prostaat-en testikulêre kanker. Hulle het die skrikwekkende feite van dié manlike kankers teëgekom in hul missie om ‘n snor te groei.

“Selfs in die vier jaar wat Movember in Suid-Afrika begin het, het ons ‘n drastiese toename in mans wat uit hul eie uit kom vir ondersoeke, gesien. Dit wil voorkom as of mans nou meer verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid neem as gevolg van dit wat hulle hoor terwyl hulle grappies oor hul snorre maak.”

Mans kon aanlynskenkings aan Cansa maak. Maria Scholtz, nasionale hoof van volhoubare inkomste van Cansa, sê dié was ‘n staatmakerjaar vir donasies. “Movember was absoluut suksesvol wat skenkings betref. Al die aanlynskenkings word vir navorsing in prostaat- en testikulêre kanker ingesamel.”

Tobie van Wyk van die bemarkingsmaatskappy Creative Council sê mense by sy werk was deeglik onbewus van die hoë statistieke en gevare van dié kankers. “Niemand by ons werk het regtig eers geweet van Movember nie. ‘n Snor is ‘n opmerklike verandering en mense het my uitgevra. Daardeur kon ek mense inlig.”

Volgens Cansa se webtuiste ly een uit 26 mans in Suid-Afrika aan prostaatkanker wat dit die mees algemene manlike kanker maak. Mans dra lewenslank die risiko om dié siekte op te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button