CrimeEnvironmentalHard newsNewsNewsWar against poaching

Twee weke oue renosterkalfie se ma gestroop, self beseer

'n Renosterbulkalfie van skaars twee weke oud is gister met 'n helikopter vanaf 'n natuurreservaat in die Laeveld na veiligheid gebring nadat sy ma gestroop en hy self met vermoedelik 'n panga op die kop gekap is.

MBOMBELA – ‘n Renosterbulkalfie van skaars twee weke oud is gister met ‘n helikopter vanaf ‘n natuurreservaat in die Laeveld na veiligheid gebring nadat sy ma gestroop en hy self met vermoedelik ‘n panga op die kop gekap is.

Die kalfie is gelukkig gister ontdek nadat sy ma reeds die vorige aand vir haar horings doodgemaak is. Dr. Albertus Coetzee van West Acres Dierehospitaal het by navraag gesê dat ‘n renosterkoei Woensdagaand in Manyeleti gestroop is. Haar kalfie van sowat twee weke oud is gister ontdek, alleen, beseer en erg gedehidreer.

“Die bulletjie het ‘n kapwond aan die skedel gehad. Daar word vermoed dat hy die stropers gepla het omdat kalfies nie hulle ma’s verlaat nie, selfs al word hulle gestroop. Die stropers het hom waarskynlik ‘n hou met ‘n panga gegee dat hy moes padgee,” het Coetzee verduidelik.

Dit was gister bloedig warm in Mpumalanga en Coetzee meen dat is net geluk dat die kalfie so gou ontdek is en nie verder ontwater het nie.

Die wond is ontsmet en geheg en die kalfie is na ‘n plek van veiligheid geneem waar hy tans verder versorg word.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button