Local newsMandela DayNewsNews

Skenk bloed in jou 67 minute

Doen vandag op oud-president, Nelson Mandela se verjaarsdag iets vir iemand anders - vir 67 minute lank.

MBOMBELA – Elke dag is nou wel nie Mandela-dag nie, maar vandag ís. Dit val saam met een van die droogste tye van die jaar vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (Sanbd).

Volgens Whanita Parkes, kommunikasie-beampte by Sanbd, teiken hulle te alle tye ‘n bloedvoorraad van vyf dae. Tans staan hulle egter op slegs 2,8 dae vir A-bloed, en 1,5 dae vir die O-groep, die kritieke groep omdat dit vir enige groep gegee kan word.

“Die boodskap vir Mandela-maand is eenvoudig – laat elke individu wat daartoe in staat is en verantwoordelik voel om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te maak, bloed skenk,” het Parkes gesê. “Ons wil mense inspireer tot aksie om die wêreld te help verander sowel as die lewens van ander ten goede te verander.”

Volgens die bloedbank is vanjaar ook besonder aangesien dit die eerste keer is dat die dag herdenk word sedert Mandela se dood in Desember. Klop aan by die skenkersentrums in I’langa- en Riverside Mall sowel as die Sanbd-kantore in Banketstraat, weeksdae tot 18:00 en Saterdae tot 13:00.

Back to top button